Skip to content
zeno
Create a Station
Explore
Religious
Music
News
Podcasts
Bible
By Genre
By Location
By Language
Download App
Opens in a new window
Toggle Sidebar
zeno
Netwerk24 Klankgolwe
Rapport Praat Sport
Rugby
Afrikaans
Rapport se sportredaksie ontleed alles in die sportwêreld.
Website
Episodes
Episodes
117
09 September 2026
Greatest Rivalry bewys SA sal ’n vyfster-WB kan aanbied
In dié week se episode van Rapport praat sport praat ons oor die Suid-Afrikaanse been van die Greatest Rivalry-reeks wat ’n feesmaal vir rugbyliefhebbers was. Hoe lekker sal dit nie wees as Suid-Afrika weer ’n Wêreldbeker-toernooi kan aanbied nie, met toetse in nuwe stadions soos Soccer City en die Kaapstad-stadion!Hendrik Cronjé sê die reeks teen die All Blacks het juis soos ’n Wêreldbeker...
20 min
02 September 2026
Dave Rennie is slinkser as wat jy dink!
Dave Rennie weet presies hoe om subtiele boodskappe by skeidsregters uit te kry. Dié week in Rapport Praat Sport gesels ons daaroor, en die fel bekgevegte wat steeds onverpoosd voortwoed.Jóhann Thormählen sê hy wonder of die Kiwi’s nie dalk in Richie Mo’unga se rigting moet begin kyk nie.Hy is ook bly Rennie het by Scott Robertson oorgeneem as die All Blacks se hoofafrigter – want nou het ons ’n...
17 min
26 August 2026
Rassie bieg oor sy fout: ‘Ek moes Jesse op 13 hou’
Rassie Erasmus het vandeesweek verskeie kere die skuld aanvaar vir die Springbokke se nederlaag van 16-33 teen die All Blacks in die eerste Greatest Rivalry-toets op Ellispark. Een fout wat hy gemaak het, is volgens hom om Jesse Kriel na vleuel te skuif ná Kurt-Lee Arendse se besering en sodoende sy middelveldkombinasie te ontwrig. In dié week se Rapport Praat Sport praat ons oor wat hy sê hy...
15 min
19 August 2026
Greatest Rivalry: Bekgevegte is Wêreldrugby se skuld!
Die woordoorloë en kopspeletjies is in volle gang voor Saterdag se groot eerste toets van die Greatest Rivalry-reeks.Die All Blacks kla dat die Springbokke vertragingstaktiek in wedstryde inspan. Die Bokke sê nou weer die Kiwi’s duik met hul skouers by afbreekpunte in.Waarom dié felle bekgevegte? Dit is ’n gevolg van Wêreldrugby se nuwe skeidsregtersprotokolle, sê ons in vandag se episode van...
19 min
12 August 2026
Dié Kiwi’s lyk rof… Moet die Bokke bekommerd wees?
Die Bokke het geswoeg om Argentinië te klop, terwyl die All Blacks Dinsdagaand die Haaie na ’n o. 19B-span laat lyk het. Is daar rede tot kommer?Vandag in Rapport Praat Sport gesels ons daaroor.° Ons wil baie graag van jou hoor. Stuur ’n stemboodskap na 076 878 1787. Sport | Rapport
18 min
05 August 2026
Skolerugby: Vuishoue, k-woord, opkikkers... maar ook spog-gedrag in Paarl
Dit was ’n bedrywige naweek op die land se skolerugby-velde. Daar was bakleiery en k-woord-beweringe, maar aan die ander kant van die munt ook ’n spoggerige viering van sportmanskap in die Paarl.Vandag op Rapport Praat Sport gesels ons met die Netwerk24-sportverslaggewer Wim Pretorius hieroor, en vra die vraag: Hoe het professionaliteit in skolerugby die sport verander? Ons verwys ook na die...
31 min
29 July 2026
Hoe gaan Rassie maak in dié 4 brandpunt-posisies voor 1ste Kiwi-toets?
Dié week op Rapport Praat Sport gesels ons oor die vier groot brandpunt-posisies in die Springbok-span voor die eerste toets in die Greatest Rivalry-reeks op 22 Augustus.Hendrik Cronjé sê linkervleuel, losskakel, nr. 5-slot en vaskopstut sal Rassie Erasmus die langste besig hou wanneer hy sy span kies.* Ons wil baie graag van jou hoor. Stuur ’n stemboodskap na 076 878 1787. Sport | Rapport
23 min
22 July 2026
Strydrosse keer terug: Is Siya se dae getel? Hokaai eers!
Rassie Erasmus het Siya Kolisi, Eben Etzebeth, Lood de Jager en Sacha Feinberg-Mngomezulu by sy Bok-groep ingesluit vir die toets teen Argentinië en die Greatest Rivalry-reeks teen die All Blacks.Ons gesels vandag daaroor op Rapport Praat Sport, en kyk ook watter spelers se aandele gestyg het tydens die drie Nasieskampioenskap-toetse in Julie.Ons praat ook oor Paul de Villiers se skitterspel,...
23 min
15 July 2026
Louis de Villiers: Rassie is die ou met die meeste breins wat ek ken
Dié week sluit die legendariese rugbyskrywer Louis de Villiers hom op Rapport Praat Sport aan om Bok-rugby te gesels.Ons gesels oor die ongelooflike diepte wat Rassie Erasmus gebou het. Louis sê ook wie tans sy gunsteling-Springbokke is. Een is ’n slot en een is ’n heelagter. Ons wil baie graag van jou hoor. Stuur ’n stemboodskap na 076 878 1787 sodat ons dit in die volgende episode kan speel....
14 min
08 July 2026
Loftus-losiehouers briesend vir Saru voor Bok-toets
In dié week se episode van Rapport Praat Sport gesels ons oor die Springbokke se spogsege oor Engeland op Ellispark, en kyk vorentoe na die naweek se toets teen Skotland op Loftus Versfeld.Die kaartjie-konsternasie kry maar net nie end nie – nou is dit Loftus Versfeld se losiehouers wat kwaad is vir die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru).Ons gesels daaroor, oor hoe Rassie Erasmus sy Bok-span...
27 min